Resepte

Naaswenner, Hanli Dirker van Eldoraigne se tamatiesmoor-resep

  • 1 ½ ui
  • ½ geel soetrissie
  • 15 sagte gedroogte appelkose
  • 2.5 ml heel cuminsaad
  • 6 ml sout
  • 7.5 ml kerrie poeier
  • 2.5 ml growwe swartpeper
  • 1 x 800 g blik “Italian whole peeled tomatoe in tomato juice”
  • 30 ml sterk blatjang
  • 15 ml suiker
  • 15 ml balsamiese asyn
  • 10 vars basielkruid blare

Rooster geelrissie oor vlam tot swart – daai hele proses van in sakkie sit om te sweet en trek skilletjies af. Kap fyn. Kap uie baie fyn en smoor in pan tot sag in ‘n bietjie olie.
Voeg rissie, sout, kerriepoeier, geroosterde cuminsaad, bruinsuiker, blatjang en asyn by die uie in ‘n pan. Laat die geure meng oor lae hitte vir paar minute.
Kap appelkose elk in 8 stukkies en voeg by. Sny die tamaties in die blik in fyner stukkies van 1 ½ cm blokkies. Voeg alles by die uiemengesel en laat kook vir 6 minute oor ‘n lae hitte. Kap die vars basielkruid blare fyn en voeg by net voor bediening.

Gebruike

1.    Geniet die smoor op alles – ek gebruik dit by braaivleis, op alle soorte pap, as relish by hamburgers of hotdogs.
2.    As daar oorbly vir moreoggend, posjeer ek sommer die ontbyt eiers daarin – heerlik, heerlik.
3.    Ons familie hou van sterk gegeurde kos, so ek gebruik sterk kerrie en sterk blatjang- as dit te sterk is gebruik matige kerrie – maar moet dit nie uitlaat of minder maak nie, dit gee geur!
4.    Moet nie ‘n ander soort as die Woolworths produk gebruik nie – dit is soos die Italiaanse mans – mooi vir die oog, ryk in geure en soet op die tong!