Resepte

Niçoise-slaai

  • 10 klein vars groenbone
  • 4 baba-aartappels, in skil gekook
  • 95 g geblikte tuna
  • 8 swartolywe
  • 2 hardgekookte
  • eiers (kook eiers vir 6 minute)
  • 4 ansjovis-filette
  • 1 rooi-ui, in skywe gesny
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak


Sous

  • 1 huisie knoffel, fyngedruk
  • 5 ml korrelmosterd
  • 30 ml witasyn (ek het die wit balsem-gebruik)
  • 5 ml suurlemoensap
  • 125 ml olyfolie

Dompel die groenbone vir 4 minute in kookwater (dit moet nog bros wees). Sny die eiers en aartappeltjies in kwarte. Rangskik al die bestanddele op ’n bord. Meng die slaaisous-bestanddele goed saam en gooi oor slaai. Geur met sout en swartpeper en geniet saammet ’n lekker koue glas sauvignon blanc.