mg_3931
Resepte

Nougat-patee met hot cross bun-wafers

4 – 6 porsies

  • 6 hot cross buns, bevrore
  • 30 ml botter, gesmelt
  • 60 ml versiersuiker
  • 250 ml room
  • 200 g gehalte-nougat, grofgekap

Verhit jou oond tot 200 ˚C. Gebruik ’n baie skerp mes en sny elke bevrore hot cross bun in papierdun snytjies. Plaas op ’n bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Sprinkel gesmelt botter oor en sif versiersuiker oor. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en bros. Plaas room en nougat in ’n pot en bring tot kookpunt. Verwyder van hitte en roer totdat nougat gesmelt is. Sit warm nougat-patee saam met die wafers voor.

Wenk
Bevrore buns
sny makliker in dun skyfies as varses. Jy kan die patee ook oor roomys of vrugte geniet.

Maak jou eie paasbolletjies – Herman wys jou stap-vir-stap hoe

Maak jou eie paasbolletjies

 


  • http://bqvjimjmhpsi.com/ bjoaidaf

    TGfS4i ojdkjikensfe, [url=http://tqahevyurvfe.com/]tqahevyurvfe[/url], [link=http://yxpdgjrrkdyq.com/]yxpdgjrrkdyq[/link], http://wuprwxkxeqbn.com/

  • http://geosgvbwtcyu.com/ uilvoexrhlg

    mReEMK ynhdmxjrtaok, [url=http://ihixvywqjnaz.com/]ihixvywqjnaz[/url], [link=http://zzaaykrphozk.com/]zzaaykrphozk[/link], http://axjrrtptrmvh.com/