Resepte

Nougat-terrien

(genoeg vir 8)

  • 500 g Madeirakoek, in 1 cm-skywe gesny
  • 4 velle gelatien
  • 100 ml yswater
  • 130 g (160 ml) suiker
  • 80 ml water
  • 2 eierwitte
  • 200 g nougat, grofgekap
  • 275 ml vanieljejogurt
  • 125 ml room
  • 125 g bessies van jou keuse
  • 150 ml sjokoladesous

Voer ’n 20 x 10 cm-broodpan met kleefplastiek uit. Pak helfte van die koekskywe op die bodem van die pan. Week gelatien in yswater vir 10 minute. Plaas suiker en water in middelslag-pot en bring tot kookpunt. Terwyl suiker kook, klits eierwitte op hoë spoed tot sagte punte vorm. Gooi kokende suikerstroop in dun straaltjie by eierwitte terwyl jy klits. Hou aan klits tot blink en styf. Plaas nougat en jogurt saam in suikerstroop-pot en roer oor matige hitte tot nougat gesmelt is. Verwyder van hitte en dreineer geweekte gelatien. Voeg by warmmengsel en roer tot gesmelt. Vou eierwitmengsel in. Klop room tot sagte punte vorm en vou ook in. Gooi helfte van mengsel in broodpan en smeer gelyk. Plaas oorblywende koekskywe bo-op, gooi res van eierwitmengsel oor en smeer gelyk. Laat stol in yskas vir 6 uur of oornag. Keer uit op opdienbord en haal kleefplastiek af. Sit voor met vars bessies en sjokoladesous.