Resepte

Nougat

Sowat 8 – 10 stukke

  • eetbare ryspapier
  • 285 g (355 ml) suiker
  • 60 ml heuning
  • 60 ml glukosestroop (beskikbaar by apteke)
  • 60 ml water
  • 2 eierwitte
  • 300 g makadamia-neute        

Voer ’n bak van sowat 20 x 9 cm en 3 cm diep met ryspapier uit. (Hou ’n strook ryspapier om bo-op te sit.) Gooi suiker, heuning, glukosestroop en water in ’n kastrol. Verhit oor lae hitte terwyl jy roer tot suiker opgelos is. Vee gereeld die kante van kastrol met ’n kwassie wat in water gedoop is om suiker wat daar vassit op te los. Wanneer suiker opgelos is, verhoog die hitte en laat kook tot 160 °C. Haal kastrol van hitte af. Klits eierwitte tot stywepunt-stadium. Voeg warm stroop in ’n dun straaltjie daarby terwyl jy heeltyd klits. Hou aan klits tot mengsel kamertemperatuur bereik. Vou neute in met ’n metaallepel en gooi mengsel in uitgevoerde bak. Plaas ryspapier bo-op. Plaas in yskas tot hard en sny in lang stukke. Hou in die yskas.