Resepte

Oeufs à la neige (Floating islands)

(6 porsies)

  • 750 ml melk
  • 180 ml suiker
  • 1 vanieljepeul
  • 8 eierwitte
  • knippie sout
  • 250 ml suiker
  • 8 eiergele
  • 180 ml suiker
  • 125 ml suiker

Sny die vanieljepeul oop, skraap die sade uit en gooi die peul en sade in die melk. Verhit die melk, 180 ml suiker en vanielje net tot kookpunt. Verwyder van die hitte en laat staan vir 15 minute. Haal die vanieljepeul uit. Klits die eierwitte en sout saam tot styf. Voeg die 250 ml suiker bietjie vir bietjie by. Verhit weer die melk en skep die eierwitte (dit is soos styfgeklopte meringue) lepel vir lepel in. Poseer vir 2 minute aan elke kant. Haal uit en dreineer op kombuispapier. Hou die melk eenkant. Klits die eiergele, voeg die 180 ml suiker by en klits weer vir omtrent 10 minute tot lig en romerig. Gooi die melk deur ’n sif en voeg by die eiergele. Gooi in ’n kastrol en plaas die kastrol op jou stoofplaat teen ’n lae hitte. Hou aan met roer tot die mengsel op die agterkant van ’n houtlepel agterbly. Gooi die vla weer deur ’n sif. Skep die vla in ’n groot bak, of in klein poedingbakkies. Skep die meringues bo-op. Smelt die 125 ml suiker teen lae hitte in ’n pan tot dit karamel vorm. Gebruik ’n lepel om karameldrade oor die meringues te vorm. Werk net vinnig, anders word die karamel hard.

 

Wenk:
Die vanieljepeul kan met vanieljegeursel vervang word.