Resepte

Olyftert met gekaramelliseerde uie

(1 – 2 porsies)

  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 8 baba-uie, gehalveer
  • 30ml olyfolie
  • 30ml heuning
  • 30ml balsemasyn
  • 250g blaardeeg
  • 100g mozzarella-kaas, gerasper
  • 100g swart olywe, ontpit
  • 3 tiemietakkies
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 200ºC. Braai knoffel en uie in olyfolie in ‘n warm pan tot goudbruin – so 5 minute. Voeg heuning en asyn by. Verlaag hitte en kook vir nog 5 minute. Sit blaardeeg op ‘n bakplaat met bakpapier. Strooi kaas daarop, gevolg deur gaar uie, olywe en tiemie. Geur met sout en swartpeper. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor. Haal die bevrore blaardeeg betyds uit die vrieskas – die oggend voordat jy werk toe gaan. Laat dit in die yskas ontdooi, nooit in die mikrogolfoond nie.