FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Poeding

Onderstebo-kaaskoek

Die lekkerste deel van kaaskoek is die kors! Hoekom nie daar begin nie?

genoeg vir 8

• 500 ml room
• 250 ml vanieljejogurt
• 110 g (125 ml) strooisuiker
• 5 ml vanieljegeursel
• 7 g (15 ml) gelatien
• 30 ml water
• 115 g-bakkie grenadellamoes
• 200 g brosbrood, fyngebreek

Plaas room, jogurt, suiker en geursel in middelslagpot. Bring tot kookpunt oor lae hitte en meng deur. Week gelatien in water vir 5 minute. Skep by warm roommengsel en meng tot gesmelt. Verdeel mengsel tussen 8 glaskoppies met volume van 250 ml elk. Laat stol 5 uur lank of oornag in yskas. Skep grenadellamoes bo-op en sprinkel lepels vol van die fyn koekies bo-oor. Sit voor.