Resepte

Onderstebo-lemoenkoek

(12 – 14 porsies)

  • 200 g (250 ml) witsuiker
  • 250 ml water
  • 3 lemoene, in skywe gesny
  • skil van 1 lemoen
  • 1 x basisresep (ongebak)

Verhit oond tot 180 C. Sit suiker en water saam in ’n middelslagpot en bring tot kookpunt. Voeg lemoenskywe by en bring weer tot kookpunt. Verwyder van hitte. Voer twee vierkantige panne van 25 x 25 cm uit met bakpapier en spuit met kleefwerende kossproei. Verdeel lemoenskywe tussen panne. Vou lemoenskil by basisresep in en verdeel beslag. Plaas in warm oond en bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar. Keer uit en sit voor met crème fraîche.

Wenk
As jy net een koek wil bak, verdeel die hele resep (ook die basisresep) in die helfte.