sr1107hoofkos_6_light
Resepte

Onderstebo-pruimpoeding

(6 porsies)

  • 3 pruime, in kwarte gesny
  • 200 g (250 ml) strooisuiker
  • 60 ml botter
  • 10 ml karamelgeursel
  • 3 eiers
  • 80 ml melk
  • 140 g (250 ml) bruismeel

Verhit oond tot 180 °C. Sit pruime en 100 g strooisuiker in ’n middelslagpot met deksel bo-op. Bring tot kookpunt oor lae hitte en laat stadig stowe vir sowat 5 – 10 minute of tot pruime sag maar nog nie pap is nie. Skep pruime onderin ’n oondvaste bak (met ’n volume van 1 liter) wat goed met kleefwerende
kossproei gespuit is. Klits oorblywende strooisuiker, botter en geursel in ’n middelslag-mengbak tot lig en romerig. Voeg eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging.Voeg melk en meel by en meng goed tot gladde beslag. Gooi beslag oor pruime. Bak vir 25 – 30 minute of tot toetspen skoon uitkom. Sit warm voor met room of vla.

Wenk: Vervang die pruime met enige ander vrug van jou keuse, soos 12 groot aarbeie of 200 g bloubessies.