sr1204_hoofkos_5_
Resepte

Ontbeende lamsbladrol

(6 porsies)

  1. 4 snye witbroodkrummels
  2. 2 stingels roosmaryn, fyngekap
  3. 45 ml korrelmosterd
  4. 4 knoffelhuisies, fyngekap
  5. 60 ml olyfolie
  6. 1,5 kg lamsblad, ontbeen
  7. 500 ml rooiwyn
  • + sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Meng broodkrummels, roosmaryn, mosterd, knoffel en olyfolie saam. Plaas ontbeende lamsblad op skoon houtbord met vetkant na onder. Geur goed met sout en swartpeper. Skep broodvulsel in die middel van die blad en rol vleis stewig op. Bind vas met kombuistou. Plaas in oondvaste pot, gooi rooiwyn oor en geur goed. Sit deksel op en rooster in warm oond vir 3 uur. Maak oop en rooster vir nog 30 minute of tot goudbruin.

OM TE DRINK

Allée Bleue Shiraz 2008 (R69)

Wenk

Jy kan ook baba-aartappels saam met die lam rooster. Voeg dit so halfpad deur die baktyd by.