Resepte

Ontbeende lamsboud

  • 1 ontbeende lamsboud
  • 5 snye witbrood
  • 100 g botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 100 g pistasieneute, doppe verwyder
  • 30 ml fyngekapte pietersielie
  • 1 eier
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • sap van 1 suurlemoen

Plaas die lamsboud tussen twee groot velle kleefplastiek. Gebruik ’n koekroller en slaan die lamsboud gelyk en platter. Smelt die botter in ’n pan oor lae hitte. Braai die uie en knoffel saam tot sag en deurskynend. Breek die snye brood in groot stukke en plaas in jou voedselverwerker. Voeg die gebraaide ui en al die botter by, en ook die pistasieneute en eier. Meng alles in die voedselverwerker. Voeg die gekapte pietersielie by en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Plaas die mengsel in die middel van die lamsboud. Rol die lamsboud sodat die vulsel heeltemal bedek is en bind die boud met tou vas. Bedruip met suurlemoensap en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Maak die lamsboud toe met tinfoelie en plaas vir minstens 1 uur in die yskas. Verhit jou oond tot 180 °C. Plaas die lamsboud met die tinfoelie in ’n oondbak en sit in die warm oond vir 45 minute. Verwyder die tinfoelie en rooster vir nog sowat 30 minute. Jy kan die lamsboud warm of koud voorsit.