sk1003eiers02
Resepte

Oondgebakte frittata met sampioene, kruie en bokmelkkaas

(4 porsies)

  • 5 ml botter, om bak mee te smeer
  • 15 ml botter
  • 250 g portabellinisampioene, in skywe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 6 eiers
  • 125 ml melk
  • 20 g knoffel-grasuie, fyngekap
  • hand vol pietersielie, fyngekap
  • hand vol vars basiliekruid, grofgekap
  • 200 g chevin-bokmelkkaas

Verhit oond tot 180 °C. Smeer ‘n 23 cm-oondbak met botter. Smelt 15 ml botter in ‘n pan. Braai sampioene vir sowat 6 minute. Geur met sout en swartpeper. Gooi sampioene in oondbak en versprei egalig. Klits eiers en melk saam en geur met sout en swartpeper. Voeg al die kruie by en meng goed. Gooi mengsel oor sampioene in bak. Sny kaas in skywe en rangskik bo-op.
Bak vir 20 minute. Skakel roosterelement aan en rooster vir 5 minute.

  • http://isegidaoptbc.com/ zskaygtlze

    MfizsH jqcbflxlaaql, [url=http://xzedinfvxsdv.com/]xzedinfvxsdv[/url], [link=http://jpruthmwbofh.com/]jpruthmwbofh[/link], http://peaufmzbxbrq.com/