sr1011kooksaam_5_
Resepte

Oondgebakte hoender

Jy het nodig

4 – 6 porsies

• 60 ml sagte botter
• hand vol vars gemengde kruie van jou keuse, fyngekap
• sap en skil van 2 suurlemoene
• 1 groot heel hoender
• 10 snye brood, korsies verwyder en in growwe stukke gebreek
• 6 spaanse worsies (chorizo), in ringe gesny
• 1 x 250 g-pakkie spek
• hand vol salie, grofgekap
• 4 wiele feta
• 4 knoffelhuisies, gekap
• 45 ml gesmelte botter
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 1 rol kombuistou

Meng sagte botter, kruie, suurlemoensap en skil saam. Sit hoender op ‘n skoon houtbord met borskant na bo. Gebruik jou vingerpunte en maak die vel los van die borsvleis. Begin bo by die nek en werk ondertoe. Skep kruiebotter onder vel in en versprei oor hoender. Meng growwe broodkrummels, wors, spek, salie, feta en knoffel saam. Voeg gesmelte botter by en meng goed. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
Skep vulsel in hoender se buik deur onderste opening. Druk dit stewig binne vas voor jy nog inskep. Probeer soveel moontlik in die hoender kry. Moet jou nie te veel steur aan die vulsel wat dalk by die nekkant uitval nie. Gebruik kombuistou en bind die hoender só vas: Sny ‘n stuk tou van sowat 1 m lank af. Bind tou in die helfte om die stertvet vas. Neem punte van tou onderdeur vlerkies en oorkruis in die middel by die nek. Draai hoender op sy rug. Trek tou tot by pote se punte en bind pote stewig aan mekaar vas.

Maak hoender só gaar . . .

• 8 aartappels, gehalveer
• 2 x 250 g pakkies sampioene
• 500 ml rooiwyn
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 200 g babawortels
• hand vol basiliekruid

Verhit oond tot 200 ˚C. Sit hoender, aartappels en sampioene in oondvaste bak. Gooi wyn oor.Geur met sout en swartpeper.Maak bak toe met tinfoelie en sit in warm oond. Laat rooster stadig vir 2 uur of tot sag.Voeg babawortels by en laat rooster vir nog 10 minute.Verwyder tinfoelie en stel oondrooster op hoog. Rooster hoender nog 10 minute of tot goudbruin. Verwyder tou en sny in porsies. Sit voor met basiliekruid.

Wenk

Ek bind die hoender met tou vas sodat dit ‘n mooi vorm behou terwyl dit onder die rooster is. Jy hoef nie presies soos ek te werk te gaan nie.

  • http://eksrfubwixdf.com/ efpujy

    18dv0G ifcotlrrhtzk, [url=http://pyiaxqbfzfyl.com/]pyiaxqbfzfyl[/url], [link=http://eyovvqbkqqlm.com/]eyovvqbkqqlm[/link], http://cxcqtoedpzij.com/

  • Hannelie

    Ek soek ‘n respep vir Hoender wiele/rolletjies