FOTO Michael le Grange

Resepte

Oondgebakte-tamatie-en-spekpasta

As jy tamaties oondbraai, raak die smaak soeter en skerper. Met min moeite kan jy groot geure skep.

Genoeg vir 4

  • 1 kg gemengde kersietamaties
  • 250 g gekapte spek
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 60 ml olyfolie
  • 40 ml witwyn-asyn
  • 4 takkies tiemie, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 500 g spaghetti
  • 4 wiele fetakaas
  • 1 brandrissie, gekap
  • hand vol Italiaanse pietersielie, gekap
  • hand vol basiliekruid

Verhit oond tot 180 °C. Pak tamaties, spek en knoffel in oondbraaibak. Sprinkel olyfolie, asyn en tiemie oor. Geur goed met sout en peper. Oondbraai 20 minute of tot tamaties begin oopbars. Kook intussen spaghetti volgens aanwysings op pak en dreineer. Plaas in groot opdienbak en gooi warm tamaties en al die pansous oor. Krummel feta oor en voeg brandrissie by. Voeg pietersielie by en meng deur. Sit warm voor met basiliekruid.