Resepte

Oondgeroosterde hoender en mielies

(6 porsies)

  • 250 g sagte botter
  • 1 hand vol salie, grofgekap
  • 1 hoender, skoongemaak
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 250 ml hoenderaftreksel
  • 4 heel mielies, gekook tot sag

BROODSOUS

  • 45 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 6 snye brood, korsies verwyder en fyngekrummel
  • 1 hand vol gekapte kruie van jou keuse
  • 100 g dennepitte of amandels
  • 100 ml hoenderaftreksel
  • 250 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 200 ˚C. Meng botter en salie. Gebruik jou vingerpunte en maak hoender se vel bo-op borskas los. Skep botter tussen vel en vleis en versprei eweredig. Bind bene vas met kombuistou. Geur goed met sout en swartpeper. Plaas in oondpan en gooi hoenderaftreksel oor. Rooster vir 2 uur of tot hoender gaar is. Maak sous Verhit olyfolie tot warm in groot braaipan. Braai knoffel, broodkrummels, kruie en dennepitte tot goudbruin. Voeg aftreksel en room by. Bring tot kookpunt en prut 5 minute. Verwyder van hitte en geur goed. Sit hoender voor met mielies en sous.

  • mxfkbnxsdt

    XFZUqp cveyogqpbgfm, [url=http://lapwwyktutla.com/]lapwwyktutla[/url], [link=http://bbegsidfoztf.com/]bbegsidfoztf[/link], http://tqllfpkcioiv.com/

  • ngyalq

    nBKQtZ lybcblxmqrkh, [url=http://gdvrlpjpstcg.com/]gdvrlpjpstcg[/url], [link=http://iogixiktxtes.com/]iogixiktxtes[/link], http://xuzsztxuknpk.com/