skm1005wild.boud
Resepte

Oondgeroosterde springbokboud

(6 – 8 porsies)

  • springbokboud van sowat 2,5kg
  • 500ml bruinasyn
  • 250ml rooiwyn
  • 2 lourierblare
  • 5ml swartpeperkorrels
  • 350g gerookte spek
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 45ml fyn appelkooskonfyt
  • 250g repiespek (streaky bacon)

Plaas jou springbokboud in ‘n groot plat bak. Gooi asyn, rooiwyn, lourierblare en peperkorrels by. Maak die bak toe met kleefplastiek of foelie en plaas in yskas. Laat die boud vir 3 – 4 dae marineer. Draai dit ‘n paar maal om. Wanneer jy gereed is om dit gaar te maak, verhit jou oond tot 180°C. Die oondrak moet in die middel wees. Haal die boud uit die marinade en droog af met kombuispapier. Hou marinade eenkant. Sny gerookte spek in stukke van so 3 x 1cm. Sny met ‘n skerp mes diep kepe oraloor die boud, so 3 – 4cm uit mekaar. Druk spek in gate. Plaas die boud in ‘n oondroosterbak en geur met sout en swartpeper. Gooi 250ml marinade oor en maak die bak toe met foelie. Nou kan jy die res van die marinade weggooi. Plaas boud in
warm oond. Haal foelie ná ‘n uur af en draai die temperatuur laer tot 160°C. Oondrooster vir nog 1½ uur. Jy kan elke nou en dan pansappe oor die vleis skep. Haal die boud ná die 1½ uur uit die oond en smeer appelkooskonfyt oor. Rangskik van die repiespek bo-op en sit terug in die oond vir nog 30 minute. Haal uit en laat die boud vir so 10 minute rus voordat jy dit voorsit.

Om te drink:
Alto Rouge

  • http://mwwqiigdjoup.com/ zbtyvmbvujw

    v7XD3g gygtbromvcgi, [url=http://nhfggeapdywx.com/]nhfggeapdywx[/url], [link=http://uhshguqyhipp.com/]uhshguqyhipp[/link], http://bfwgribeidjl.com/

  • Hermann

    Baie dankie. Resep is regtig ‘n wenner.

  • Annalise Le Roux

    Dankie vir die springbokboud resep. Regtig n wenner!

  • Rita

    Wil graag die springbokboud resep probeer, die rooiwyn, is dit droog of soet ?
    Ek glo dit gaan geweldig lekker wees.

    Baie Dankie
    Rita Naudé

  • Nic van Rensburg

    Ek het n paar gedroogde pruimedante (soner die pit) saam met die spek gestop en n jeerlike verskil gemaak.
    Dankie vir die wen resep!