Resepte

Oondgeroosterde hoender met okkerneute

  • 100 g broodkrummels
  • 100 g okkerneute, grofgekap
  • 100 g rosyne
  • 2 knoffelhuisies, grofgekap
  • 2 origanumtakkies
  • 30 ml botter, gesmelt
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 groot heel hoender
  • 700 g baba-aartappels
  • 15 ml olyfolie

Verhit oond tot 180 ˚C. Meng broodkrummels, okkerneute, rosyne, knoffel en origanum. Voeg gesmelte botter by en geur goed met sout en swartpeper. Stop hoender met vulsel en bind bene vas met kombuistou. Sit baba-aartappels in ’n oondpan en plaas heel hoender bo-op. Gooi olyfolie oor en geur goed met sout en swartpeper. Rooster vir 1 uur tot goudbruin en gaar.

Wenk
Om te toets of die hoender gaar is, druk ’n mes in die dikste deel in. Dis gaar as die sappe helder uitloop.