Resepte

Oop broodjie met makriel

(4 porsies)

  • 4 panini-broodjies (of enige brood of rolletjies van jou keuse)
  • 2 gerookte makriel-filette
  • hand vol grofgekapte bronkors (watercress)
  • 100 g cheddarkaas, gerasper
  • 3 eetlepels mayonnaise
  • vars gemaalde swartpeper

Sny die broodjies in die helfte. Verwyder die vel van die makriel en breek in stukke. Voeg nou die bronkors, gerasperde kaas en mayonnaise by. Geur met vars gemaalde swartpeper (die vis en kaas bevat genoeg sout). Sit die broodjies op ’n bakplaat met die makrielmengsel bo-op. Bak in ’n warm oond teen 200 °C vir 15 minute totdat die kaas lekker gesmelt is.

Om te drink:
Cederberg Bukettraube kompleteer gerookte vis.