sr1006vis.snoek_patats
Resepte

Oor-die-kole-snoek met gebakte patats

4 – 6 porsies

• 30 ml heuning
• 15 ml tiemie, gekap
• 5 ml fyn kaneel
• 30 ml olyfolie
• 7 klein patats, gehalveer
• 45 ml appelkooskonfyt
• 100 ml botter
• 2 knoffelhuisies, gekap
• sap en skil van 2 suurlemoene
• 800 g snoekfilet, vars of bevrore
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• appelkooskonfyt vir brood

Verhit oond tot 200 ˚C. Meng heuning, tiemie, kaneel en olie. Plaas patats in ‘n oondvaste bak en gooi heuning-mengsel oor. Bedek bak met tinfoelie en bak vir 25 – 30 minute of tot sag en gaar.Meng konfyt, botter, knoffel en suurlemoensap en -skil in ‘n klein potjie. Plaas oor lae hitte en smelt alles saam. Plaas snoek op ‘n toeklap-rooster wat gespuit is met kleefwerende sproei. Maak 6 snye in die vis se vel en verf met die bottermengsel. Plaas die vel-kant eerste oor die warm kole en braai stadig vir 5 minute. Verf met die botter-mengsel terwyl dit braai en draai om. Herhaal totdat die vis goudbruin en gaar is – sowat 15 – 20 minute. Sit warm vis saam met patats, stokbrood en appelkooskonfyt voor.

  • Johan Meyer

    Mmmm,baie lekker.Sonder al die foefies skrop die rooi borrie patat mooi skoon,smeer met botter of bietjie olie,draai dit goed in foelie toe,gooi dit in die kole en draai dit kort kort om.Heerlik vanuit die grond met net die snoek en appelkoos konfyt en vars potbrood.Moerkoffie as nagereg