Resepte

Oorgroot viskoekies

genoeg vir 6 porsies

• 400 g witvis van jou keuse, fyngekap
• 3 aartappels, gekook tot sag en fyngedruk
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• hand vol koljanderblare, gekap
• hand vol basiliekruidblare, gekap
• 1 eiergeel
• 85 g (150 ml) koekmeel
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 200 g piekeluie
• 200 ml tamatieblatjang

Korslaag

• 2 eiers, liggies geklits
• 140 g (250 ml) koekmeel
• 150 g broodkrummels
• 60 ml olyfolie

Verhit oond tot 180 ˚C. Meng vis, aartappels, ui, knoffel, koljander en basiliekruid. Voeg eiergeel en meel by en meng goed. Geur goed met sout en swartpeper. Verdeel mengsel in 6 ewe groot balle en druk effens plat.

Vir die korslaag, doop koekies in eier, dan in koekmeel en laastens in broodkrummels. Verhit olyfolie tot warm in middelslag-pan en braai koekies sowat 5 minute per kant of tot goudbruin.

Plaas in warm oond vir verdere 10 minute of tot gaar. Sit warm voor met piekeluie en tamatieblatjang.