Resepte

Osso bucco – kalf-skenkels

(6 porsies)

  • 30 ml botter
  • 1 groot ui, fyngekap
  • 4 wortels, fyngekap
  • 2 selderystokke, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 6 kalf-skenkels, 6 cm dik gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • koekmeel, om skenkels in te rol
  • 100 ml olyfolie
  • 500 ml droë witwyn
  • 200 ml hoender-aftreksel
  • 10 ml droë tiemie
  • 1 blik (410 g) heel tamaties, gekap
  • hand vol fyngekapte pietersielie
  • 2 lourierblare

Gremolata

  • gerasperde skil van 2 suurlemoene
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 hand vol fyngekapte pietersielie

Verhit oond tot 180 °C. Smelt botter in ‘n swaarboomkastrol, groot genoeg vir die skenkels. Voeg ui, wortel, seldery en knoffel by en braai oor lae hitte vir sowat 10 minute. As die plaat te warm is, sal die botter brand – versigtig! Geur skenkels met sout en swartpeper en rol in die meel. Skud oortollige meel af. Verhit olyfolie in ‘n pan en braai skenkels tot bruin (nie almal
gelyk nie). Plaas skenkels bo-op groente in kastrol. Gooi wyn in pan waarin jy skenkels gebraai het. Kook af tot die helfte. Voeg aftreksel, tiemie, tamaties, pietersielie en lourierblare by
wyn en bring tot kookpunt. Gooi oor skenkels. Bring tot kookpunt op die stoof. Maak toe met deksel en sit vir sowat 1 uur en 15 minute in warm oond – of totdat skenkels sag is. Meng bestanddele vir gremolata en sprinkel dit oor.

Om te drink: Chianti Classico uit italië