Paasbolletjies
Resepte

Paasbolletjies (hot cross buns)

(12 – 14 rolletjies)

sien stap-vir-stap

  • 250 ml warm melk
  • 90 g (100 ml) botter, gesmelt
  • 1 eier
  • 65 g (80 ml) suiker
  • 10 g sout
  • 10 g kitsgis
  • 15 ml fyn kaneel
  • 15 ml gemengde speserye
  • 500 g (890 ml) koekmeel
  • 140 g (250 ml) rosyne

Kruise

  • 60 ml meel
  • 15 ml olie
  • 30 ml water

Glasuursel
Kook saam vir 5 minute:

  • 100 ml water
  • 50 ml suiker

Verhit oond tot 180 ˚C. Meng melk, botter, eier, suiker, sout en gis in ‘n middelslag-mengbak. Voeg speserye en genoeg meel by tot ‘n stywe, kniebare deeg. Knie vir 5 – 8 minute of tot deeg gladde voorkoms het. Laat deeg op ‘n warm plek rys tot dubbel die volume, sowat 1 uur. Voeg rosyne by en knie af tot rosyne ingemeng is. Laat weer rys tot dubbel die volume, sowat 30 – 45 minute. Verdeel in gholfbalgrootte bolletjies (80 g) en plaas stewig teen mekaar in ‘n broodpan. Laat rys tot dubbel die volume, weer sowat 30 – 45 minute.

Kruise
Meng bestanddele vir kruise saam tot stywe pasta. Spuit kruise bo-oor deeg met versiersak. Bak vir 30 – 35 minute tot goudbruin en gaar.

Glasuursel
Verf met glasuursel en laat afkoel. Sit voor met botter.

Wenk: Sny met ‘n hasie-koekiedrukker (te kry by bakwinkels en supermarkte) patrone uit botter om jou gaste ekstra spesiaal te laat voel.

  • buzjbyr

    cODphF bygznjqicrnd, [url=http://kgmxfiubaeoz.com/]kgmxfiubaeoz[/url], [link=http://xurmqiooaoga.com/]xurmqiooaoga[/link], http://bohxglrsnywk.com/