sr11016uurtuis_1_
Resepte

Pampoenkoekies met stroop

(4 porsies)

  • 250 g pampoenblokkies, gekook tot sag
  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 1 eier
  • 10 ml kaneel
  • 10 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 100 g bruinsuiker
  • 60 ml olyfolie
  • 200 ml gouestroop
  • 80 g kaneelsuiker

Verhit oond tot 180 ˚C. Druk gaar pampoen met ‘n aartappeldrukker fyn. Voeg meel, eier, kaneel, bakpoeier, sout en bruinsuiker by. Meng goed saam. Verhit olyfolie, skep lepels vol van beslag in warm pan en braai tot goudbruin aan weerskante, sowat 5 minute per kant. Sit op skoon bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en bak verder in warm oond vir 10 -15 minute of tot gaar. Sit warm koekies voor met gouestroop en kaneelsuiker.