sr1204_hoofkos_3_
Resepte

Pangebraaide groenbone

 (6 porsies)

  • 400 g groenbone, stingels afgesny
  • 60 ml botter of eendvet
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • hand vol gekapte pietersielie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Dompel groenbone in kookwater vir 1 minuut. Verhit botter of eendvet in braaipan tot warm. Voeg knoffel by en braai vir 30 sekondes. Voeg groenbone by en roerbraai vir 2 minute. Voeg pietersielie by, geur goed met sout en swartpeper en sit voor saam met eend.