sr1001kosbloubessie_4_
Resepte

Panna cotta in ’n bottel met versuikerde bloubessies

(6 panna cottas)

  • 15 ml gelatien
  • 50 ml water
  • 125 ml melk
  • 500 ml room
  • 80 ml suiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 120 g vars bloubessies
  • 50 ml witsuiker

Sprinkel gelatien op die water en laat staan 5 minute. Verhit melk, room, suiker en vanielje saam oor lae hitte en bring tot by kookpunt. Verwyder van hitte en voeg gelatien by. Roer tot alles
gesmelt is. Gooi deur ’n sif. Verdeel tussen 6 klein bottels met deksels of koppies van jou keuse. Laat stol in yskas.

Om voor te sit: Was die vars bessies onder koue water en rol in witsuiker. Gooi versuikerde bessies oor die panna cotta. Draai deksels op of sit dadelik voor.

Wenk
Vervang helfte van die room met jogurt van jou keuse. Sit dan voor met bypassende vrugte of sommer ’n mengsel van vrugte.