sr1003kos_3_
Resepte

Pannekoek met vanielje-pere en sjokolade-sous

(6 porsies)

  • 750 ml verjus (by supermarkte, maar sien wenk onder)
  • 1 vanieljepeul se saadjies
  • 1 kaneelstok
  • 60 ml bruinsuiker
  • 6 pere, geskil
  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 50 ml strooisuiker
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 2 eiers
  • 30 ml sonneblomolie
  • 350 ml melk
  • 375 ml vars room
  • 200g donkersjokolade
  • gekapte pistasieneute

Meng verjus, vanieljesaadjies, kaneel en bruinsuiker in ‘n groot kastrol. Bring tot kookpunt en verlaag hitte. Sit pere in vloeistof en prut stadig tot sag en gaar – sowat 15 – 20 minute. Sif meel, strooisuiker, bakpoeier en sout saam in ‘n groot mengbak. Klits eiers, olie en melk saam. Voeg dit by droë bestanddele en meng tot ‘n gladde beslag. Laat rus vir 10 minute in yskas. Verhit ‘n 25 cm-braaipan en spuit met kleefwerende middel. Gooi genoeg beslag in warm pan om bodem net te bedek. Braai vir 3 – 5 minute en draai pannekoek om. Braai vir nog 3 minute of tot gaar.Hou eenkant. Hou so aan totdat al die beslag opgebruik is. Verhit room tot kookpunt en gooi dit oor sjokolade.Roer tot gesmelt en glad. Stapel pannekoeke op mekaar met heel pere bo-op. Gooi sjokoladesous oor en sprinkel pistasieneute oor.

  • Marietjie Beukes

    Baie geurige resepte, wil graag meer ontvang.

    Baie dankie

    Marietjie

  • http://ackcrvocvttc.com/ aynblju

    bKANgG soiaptwjhlwu, [url=http://brjnrrtwuxrp.com/]brjnrrtwuxrp[/url], [link=http://idjsclxbekdi.com/]idjsclxbekdi[/link], http://hjglqtxjibyx.com/