sr1204_hoofkos_2_
Resepte

Panzanella met oondgebakte tamaties

(6 porsies)

  1. 350 g kersietamaties, gehalveer
  2. 60 ml olyfolie
  3. 1 groot suurdeegbrood (of enige ander brood van jou keuse)
  4. 80 g slaaiblare van jou keuse
  5. 300 g vars mozzarella-balle
  6. hand vol basilieblare
  7. sap van 1 suurlemoen
  • + sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 200 °C. Pak tamaties op oondroosterpan. Sprinkel helfte van olyfolie oor. Geur goed met sout en swartpeper. Rooster vir 20 – 25 minute of tot begin verbruin. Laat afkoel. Verhit res van olyfolie in braaipan. Breek brood in growwe stukke en braai in warm olie vir 2 – 3 minute of tot goudbruin en bros. Plaas slaaiblare in opdienbak. Sprinkel tamaties en gebraaide brood bo-oor. Breek mozzarella in growwe stukke en strooi oor. Skeur basilieblare in growwe stukke en pak op slaai. Druk suurlemoensap oor en sit voor.

OM TE DRINK

Theuniskraal Cape Riesling (R36)

Wat is panzanella?
Dié Italiaanse slaai word gemaak van gister se brood. Tradisioneel word dit geweek in olyfolie of asyn en dan drooggedruk en in growwe stukke gebreek. Deesdae word die brood eerder in olyfolie tot goudbruin en bros gebraai.