Annel Botha

Resepte

Parmaham en artisjokke bruschetta

Hoe maak jy ‘n bruschetta?

  1. Sny brood in snye van ongeveer 2 cm dik.
  2. Maak ’n riffelpan baie warm op ’n plaat en sit een sny brood in die pan en druk dit effens plat met ’n eierspaan.
  3. Draai om en rooster aan die ander kant.
  4. Lig uit die pan, en moenie bekommerd wees as die rante effens gebrand is nie.
  5. Sny ’n knoffelhuisie in die helfte en vryf oor die sny brood.
  6. Gooi heelwat olyfolie oor.

 

Parmaham en artisjokke bruschetta
Vir diegene wat nou rêrig wil uithang, is parmaham natuurlik net die ding. Die kombinasie van 2 skywe parmaham en 1 gepekelde of geblikte artisjok in die helfte gesny, is fantasties. Rond dit af met vars gemaalde swartpeper en pietersielie.