sr1204_hoofkos_10_
Resepte

Parmesaan Broodstokkies met soetwyn

(20 stokkies)

  1. 10 g kitsgis
  2. 10 g sout
  3. 300 ml louwarm water
  4. 45 ml heuning
  5. 500 g koekmeel
  6. 400 g groen olywe, ontpit en grofgekap
  7. 100 g parmesaankaas, fyngerasper
  • + ekstra koekmeel vir uitrol

Plaas gis, sout, water en heuning in middelslag-mengbak. Roer met draadklitser tot gemeng. Voeg meel geleidelik by tot stywe, kniebare deeg vorm. Keer uit op skoon werkvlak en knie tot gladde, ferm deeg. Sit in skoon bak wat met olie gesmeer is. Laat rys op warm plek tot dubbel die volume. Voeg olywe by en knie af tot goed gemeng. Laat weer rys tot dubbel die volume. Verhit oond tot 220 °C. Verdeel deeg in 20 ewe groot porsies en rol in lang, dun stokkies. Plaas op bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Sprinkel parmesaan oor en bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en bros. Sit voor met soetwyn.

OM TE DRINK

De Krans Pink Port (R45) of Nuy Rooi

Muskadel 2011 (R36)