Resepte

Parmesaan-risotto met gebakte pampoen

(4 – 6 porsies)

  • 500 g botterskorsie (butternut), in skywe gesny
  • 60 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 klein ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 250 g arborio-rys
  • 160 ml witwyn
  • 700 ml groente- of hoenderaftreksel
  • 250 ml room
  • 120 g parmesaan-kaas, gerasper

Verhit oond tot 180 ˚C. Plaas botterskorsie en 30 ml olyfolie in oondpan. Geur met sout en swartpeper. Oondrooster vir 20 – 25 minute of tot sag en gaar. Verhit res van olyfolie in groot, diep pan. Braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg rys by en soteer vir nog sowat 5 minute. Gooi wyn oor en laat stadig kook tot alles geabsorbeer is. Skep lepel vir lepel aftreksel by en roer goed ná elke byvoeging. Nadat al die aftreksel bygevoeg is en die rys ‘n klewerige voorkoms het, voeg room by en roer goed. Laat prut tot rys heeltemal gaar is en die mengsel ‘n romerige tekstuur het. Verwyder van hitte en vou die parmesaan-kaas by. Geur met sout en swartpeper. Sit warm voor met geroosterde pampoen.