Resepte

Patat-en-Lensiesop

(6 porsies)

  • 20 ml kerriepoeier
  • 60 ml olyfolie
  • 2 uie, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 appel, geskil en gerasper
  • 1 cm vars gemmer, fyngerasper
  • 800 g patats
  • 1 x 400 g-blik rooi lensies, gedreineer
  • 1 200 ml groente-aftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 300 ml melk
  • 100 g bokmelkkaas

Verhit kastrol oor matige hitte.

Droogrooster kerrie in warm pot vir so 20 sekondes. Voeg olyfolie by en verhit tot speserye braai. Voeg uie en knoffel by en braai vir 1 minuut. Voeg appel en gemmer by en braai vir nog 2 minute.

Voeg patats, lensies, aftreksel en melk by. Geur goed met sout en peper.

Kook vir 25 – 30 minute of tot patats sag en gaar is. Maak fyn in voedselverwerker.

As sop te dik is, voeg nog melk by.

Skep in opdienbak en krummel kaas oor.