sk1011diabete_4_
Resepte

Patat-en-wortel-whoopie pies

(MAAK 12 WHOOPIES)

  • 70 g (125 ml) koekmeel
  • 5 ml koeksoda
  • 1 ml kaneel
  • knippie sout
  • 1 eier, geklits
  • 15 ml kanola-olie
  • 10 ml heuning
  • 50 g wortels, fyngerasper
  • 100 g patats, in die oond gerooster, geskil en fyngemaak
  • 30 g sultanas

Vulsel

  • 200 g laevet-roomkaas
  • 2,5 ml vanieljegeursel
  • 1 ml kaneel
  • 10 – 20 ml heuning, of na smaak

Verhit oond tot 200 ºC. Spuit ’n bakplaat met kleefwerende kossproei. Sif meel, koeksoda, kaneel en sout. Klits eier, olie en heuning. Meng die twee mengsels. Roer die gerasperde wortels, patats en sultanas by. Skep mengsel in ’n spuitsak en spuit 24 x 2 cm-sirkels op bakplaat. Bak vir 8 – 10 minute. Verwyder koekies en laat afkoel.
Vulsel Meng al die bestanddele. Sodra koekies afgekoel is, smeer van die vulsel op een helfte
en plak toe.

KOMMENTAAR
Dis ’n interessante manier om groente by ’n koekie in te sluit. Die patat, wat ’n gedeelte van die meel in die resep vervang, dra by tot die verlaging van die GI.
– Hilda Lategan