Resepte

Patat-tjips

(8 – 10 porsies)

  • 2 groot patats nog in die skil
  • sonneblomolie vir diepbraai
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Doopsous

  • 250 ml crème fraîche (suurroom)
  • hand vol sprietuie, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap

Skrop patats skoon onder lopende water met ’n kombuisborsel. Gebruik ’n mandolien of ’n skerp mes en sny die patats in skyfies nie dikker as 2 mm nie. Hou skyfies in skoon water terwyl jy die res sny. Verhit olie oor matige hitte. Druk skyfies droog in kombuispapier en braai ’n hand vol op ’n slag tot dit goudbruin en bros is. Dis belangrik om nie te veel op een slag in die pot te gooi nie, anders gaan die tjips nie bros braai nie.Dreineer met gaatjieslepel en skep op kombuispapier. Geur goed met sout en swartpeper. Meng al die bestanddele vir die doopsous en sit voor saam met skyfies.