sr1202_hoofkos_8_
Resepte

Pavlova met ’n twist

8 – 10 porsies

• 2 eierwitte
• 160 g (190 ml) strooisuiker
• 5 ml wit asyn
• 10 ml mielieblom
• 1 x 30 cm-sjokoladesponskoek van jou keuse

Mousse
80 ml melk
• 200 g donkersjokolade, fyngekap
• 5 g gelatien
• 45 ml water
• 250 ml room, geklits tot sagte punte vorm
• 5 ml kakao vir oorsif

Verhit oond tot 160 °C. Gebruik ’n 30 cm-losboompan en trek met ’n potlood ’n sirkel op bakpapier. Draai sirkel na onder en plaas papier op bakplaat. Spuit met kleefwerende kossproei. Klits eierwitte op hoë spoed met elektriese menger tot sagte punte vorm. Gooi suiker stadig by en hou aan klits tot blink, stywe punte vorm. Vou asyn en mielieblom in. Skep meringue op bakpapier met potloodsirkel en gebruik agterkant van ’n lepel om plat te smeer in sirkel van sowat 2 cm dik. Bak 30 – 40 minute of tot meringue bros is, maar binnekant nog taai. Laat afkoel. Sny sponskoek in dun skywe van sowat 2 cm. Voer 30 cm losboomkoekpan uit met kleefplastiek. Voer bodem van pan uit met koeksnye.

Mousse
Bring melk tot kookpunt en gooi oor gekapte sjokolade. Roer tot gladde mengsel. Sprinkel gelatien booor water en laat staan tot opgeswel. Smelt oor kookwater. Voeg by gesmelte sjokolademengsel en meng goed – indien die mengsel stol terwyl jy gelatien inmeng, plaas oor pot met warm water en roer tot glad. Vou geklopte room by. Gooi hele mengsel oor koek in pan en plaas in yskas om te stol vir sowat 3 – 4 uur. Sit meringue bo-op. Sif kakao oor en sit voor.