Resepte

Peer-krummelpoeding

(6 – 8 porsies)

  • 10 pere, ontklok en in growwe stukke gesny
  • 110 g (140 ml) bruinsuiker
  • 15 ml fyn kaneel
  • 60 ml heuning
  • 60 ml botter
  • 5 ml vanieljegeursel of 1 vanieljepeul
  • 1 x 400 g-rol broskors

Verhit oond tot 200 °C.Meng al die bestanddele, behalwe die broskors. (Die vanieljepeul moet jy in die lengte oopsny. Krap die saadjies uit en gebruik net dit.) Sit in ’n oondbak van 25 x 15 cm. Gebruik die growwe kant van ’n rasper en rasper die rol blaardeeg bo-oor die pere. Maak seker die deeg bedek al die pere. Plaas in ’n warmoond en bak vir 25 – 30minute of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor met vars room of vla.