Resepte

SARIE KOOK! Perske-en-vla-tert

  • 500 ml melk
  • 5 eiergele
  • 200 g (250 ml) witsuiker
  • 50 ml mielieblom
  • 15 ml rooswater
  • 1 x 410 g-blik Rhodes-perskehelftes, gedreineer
  • 1 x 400 g-rol blaardeeg
  • 1 heel eier, liggies geklits

Verhit oond tot 180 ºC. Bring melk tot kookpunt oor matige hitte. Klits eiergele, suiker, mielieblom en rooswater saam in middelslag-mengbak. Gooi warm melk geleidelik by terwyl jy roer. Giet mengsel terug in pot en verhit oor lae hitte terwyl jy aanhoudend roer. Hou aan roer tot verdik en gaar, sowat 5 -8 minute. Plaas rol blaardeeg op skoon werkvlak en sny in netjiese vierkant van 20 x 20 cm. Plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer en met kleefwerende kossproei gespuit is. Skep gaar vla-mengsel in middel van deeg en versprei eweredig. Onthou om rondom ’n deegrand van sowat 5 cm oop te los. Pak perskes op vla en vou deegrand na bo. Verf met eier. Bak in warm oond vir 25-30 minute of tot goudbruin.