sr0902kos_11_
Resepte

Perskes gekook in vanieljestroop

  • 750 ml water
  • 75 ml heuning
  • 45 ml suiker
  • 1 vanieljepeul of 3 ml vanieljegeursel
  • 8 perskes
  • sowat 50 g pistasieneute, gekap (opsioneel)

Gooi die water, heuning, suiker en vanieljepeul of -geursel in ’n kastrol. Maak die kastrol toe en laat prut vir 5 minute. Voeg die perskes by en laat prut vir 3 – 4 minute. Draai die perskes om en laat verder prut vir 2 – 3 minute. Haal hulle versigtig uit die stroop. Laat die stroop nou afkook tot die helfte en lekker verdik. Trek die skille van die perskes af. Haal die vanieljepeul uit en gooi die stroop oor die afgeskilde perskes. Hou in die yskas. Sit voor saam met roomys en versier met die gekapte pistasieneute.