Resepte

Pesto-aartappelslaai

(6 porsies)

  • 1 kg geskilde baba-aartappels
  • 250 ml romerige mayonnaise
  • 10 ml basiliekruid-pesto
  • 1 rooi-ui, fyngekap
  • 30 ml kappertjiesaad
  • sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
  • vars blaarslaai van jou keuse

Kook die baba-aartappels tot net sag. Dreineer en laat afkoel. Meng intussen die mayonnaise, pesto en ui saam. Geur met sout en swartpeper. Wanneer die aartappels afgekoel is, meng versigtig met die sous. Sprinkel die kappertjiesaad oor en sit voor met blaarslaai van jou keuse.

Slim wenk
As jy van ’n pikante mayonnaise hou, stel ek voor dat jy die 250 ml mayonnaise halveer en dan 125 ml Bulgaarse jogurt byvoeg.