sr1008kos_2_
Resepte

Piesang-en-gemengde-neutekoek

Basisresep

Met hierdie resep kan jy 5 verskillende groentekoeke maak (sien hieronder).

  • 420 g (750 ml) bruismeel
  • 15 ml koeksoda
  • 1 ml sout
  • 250 ml sonneblomolie
  •  400 g (500 ml) suiker
  • 4 eiers

Verhit oond tot 180ºC. Sifmeel, koeksoda en sout saam. Meng olie, suiker en eiers. Voeg oliemengsel by droë bestanddele en meng goed. Volg verder jou gekose variasie (onder) se metode.Al die koeke word in ‘n standaardgrootte losboom-ringpan (20 x 18 cm) gebak.

Piesang-en-gemengde-neutekoek

Piesang is nou nie eintlik groente nie, maar ek moes dié een bysit, want dit smaak buitengewoon lekker.

(6 – 8 porsies)

  • 200 g gemengde neute, grofgekap
  • 500 g (4 – 6) piesangs, fyngedruk
  • 150 ml karringmelk
  • 250 ml karamelsous (sien stap-vir-stap-aanwysings op karamelsous )

Vou neute, piesang en karringmelk by basisresep in. Spuit 2 groot muffinpanne met 12 holtes elk met kleefwerende sproei . Gooi beslag in die pannetjies en bak vir 35 – 40 minute of totdat ‘n toetspen skoon uitkom. Keer uit op ‘n draadrak en laat afkoel. Gooi karamelsous oor