skm1005.rugby4
Resepte

Pieter se kaasbord

Vir nagereg is die wagwoord…kaas, ‘n paar welriekende hompe romerigheid, en kraakvars baguettes. “Ek raak stil wanneer ‘n bord Franse kaas neergesit word,” sê Pieter. Op sy kaasbord is altyd ‘n romerige Coulommiers, familie van die bekende brie-kaas, maar dis veral die Pont-l’Évêque wat ‘n glimlag na die tafel bring – Hélène kom uit Normandië, Frankryk se suiwelstreek, waar dié kaas – en menige ander – gemaak word. Die skerp geur van ‘n Suid-Afrikaanse gorgonzola vul die sagte Franse kase aan. Die appétit is hier ongetwyfeld bon!

  • 2 kraakvars baguettes (Franse brode)
  • Kase soos Coulommiers (of brie), Pont-l’Évêque en Suid- Afrikaanse gorgonzola