Resepte

Piña colada

(sowat 500 ml)

  • 300 g pynappel, in blokkies gesny
  • 2 kiwivrugte, geskil en in blokkies gesny
  • 100 ml pynappelsap
  • 200 ml klappermelk
  • 30 ml Malibu-likeur (opsioneel)
  • 4 ysblokkies

Vir bo-op

  • nog pynappel en kiwivrug, in blokkies gesny

Gooi al die bestanddele in jou smoothie-masjien. Verwerk tot glad en gooi in glase. Stapel die vrugteblokkies bo-op.