Resepte

Piquantérissiesmeer

(6-8 porsies)

  • 125 g fetakaas
  • 420 g piquanté-rissies
  • 250 g roomkaas

Dreineer die piquantérissies in ’n vergiettes en spoel af. Plaas die fetakaas, piquanté-rissies en roomkaas in jou voedselverwerker en kap fyn tot ’n smeer. Sit voor met Franse brood. Jy kan die piquantérissiesmeer die vorige dag maak. Bedek met kleefplastiek en hou in die yskas.