Resepte

Pistasieneut-roomys-wafels

(8 – 10 porsies)

Plaas pistasieneute in voedselverwerker en verwerk op hoë spoed tot fyn poeier. Sif neute om van alle doppies ontslae te raak. Meng fyn neute en voedselkleursel met vanieljebasis. Plaas in yskas tot yskoud. Vries mengsel in roomysmasjien.  Skep balle roomys en sit voor tussen twee wafelkoekies.

Wenk
Jy kan die pistasieneute vervang met enige ander neute, soos haselneute.