sr1204_hoofkos
Resepte

Platbrood-ontbytpizza

(6 porsies)

  1. 500 g winkeldeeg
  2. 250 g maaskaas
  3. 250 g rugspek
  4. 500 g bruin en wit sampioene, gehalveer
  5. 350 g kersietamaties, gehalveer
  6. 60 ml olyfolie
  7. 6 eiers
  • + sout en varsgemaalde swartpeper
  • + ekstra koekmeel vir uitrol

Verhit oond tot 220 °C. Sprinkel dun lagie koekmeel op werkvlak. Verdeel deeg in 6 porsies en rol dit met koekroller in vryvorms van sowat 5 mm dik. Plaas op bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir 5 minute en haal uit oond. Verdeel maaskaas tussen halfgaar brode. Pak spek, sampioene en tamaties bo-op. Geur goed met sout en swartpeper. Plaas terug in oond en bak vir 20 – 25 minute of tot spek en sampioene gaar is. Verhit olyfolie in kleefvrye pan terwyl pizza bak. Breek eiers in warm pan en bak vir 3 – 5 minute vir sagte eiers of langer soos jy verkies. Skep gaar eiers op warm pizza. Sit voor.

OM TE DRINK

J.C. Le Roux Brut Cap Classique (R68) is ideaal vir die oggend.