skm1005.rugby1
Resepte

Poireaux vinaigrette (Gemarineerde preie)

(4 porsies)

  • 1kg preie
  • 30ml rooiwyn-asyn
  • ‘n knippie sout
  • 30ml Franse Dijonmosterd
  • 90ml sonneblomolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Stoom preie vir 45 minute tot sag en gaar. Laat staan vir minstens 3 uur sodat water kan dreineer. Om die vinaigrette te maak, meng sout en asyn totdat die sout oplos. Meng mosterd by
en laastens die olie. Meng deeglik en geur met sout en swartpeper. Gooi die vinaigrette oor die preie en laat staan om lekker te marineer. Draai nou en dan om sodat dit mooi kan meng.

Om te drink:

“Die suur viniagrette is heerlik saam met ‘n voller sauvignon blanc- of semillon-wyn,” se Pieter.