FOTO Donna Lewis

Resepte

Polenta-koekies

Die Franse maak ’n madeleine, ’n soet koekie wat jy saam met koffie kan eet. Hierdie is my sout weergawe met polenta.

genoeg vir 8

• 110 g fyn polenta
• 20 g (60 ml) koekmeel
• 5 ml koeksoda
• 100 g parmesaankaas, fyngerasper
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 40 g (45 ml) botter, gesmelt
• 2 eiers
• 160 ml karringmelk
• 12 takkies Italiaanse pietersielie

Verhit oond tot 180 °C. Plaas polenta, meel, koeksoda, kaas, sout en peper in ’n mengbak. Voeg botter, eier en karringmelk by. Roer tot gladde mengsel. Spuit ’n bakplaat goed met kleefwerende kossproei – of as jy ’n pan met vlak holtes het, kan jy dit ook gebruik. Skep mengsel in spuitsak met 1 cm-tuit. Plaas pietersielie op bakplaat en spuit 3 cm lange worsies op die plaat bo-op die blare. Bak vir 5 – 8 minute of tot goudbruin en bros. Sit louwarm voor.