sk0409sesuur01
Resepte

Polenta met gebraaide sampioene

(30 minute – 4 porsies)

Sampioene

  • 30 ml olyfolie
  • 30 ml botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 500 g sampioene, in kwarte gesny
  • 1 blik (400 g) gekapte tamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Polenta

  • 500 ml water
  • 300 ml melk
  • 100 g polenta
  • 50 g pecorino-kaas, gerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 100 g pecorino-kaas, gerasper, vir bo-op

Verhit olyfolie en botter in ’n pan en braai ui en knoffel vir sowat 3 minute tot sag en deurskynend. Voeg sampioene en tamaties by. Geur met sout en swartpeper. Laat oop kook. Maak die polenta: Gooi water en melk in ’n kastrol. Bring tot kookpunt. Voeg polenta by en hou aan roer. Kook vir so 10 minute. Voeg pecorino-kaas by. Geur met sout en swartpeper. Skep die polenta op ’n bord met sampioene bo-op. Sit voor met nog gerasperde pecorino-kaas.