Resepte

Annette se potbrood-resep

  • 1,5 kg bruinbroodmeel
  • 15 ml bruinsuiker
  • 15 ml sout
  • 25 ml olie/vet
  • 1 sakkie (10 g) aktiewe droë gis
  • 1 liter louwarm water

Verhit jou oond tot 180°C. Meng die meel, suiker en sout. Vryf of sny die olie/vet in die droë bestanddele in en sprinkel die gis oor. Maak ’n holte in die meelmengsel en voeg die water geleidelik by terwyl jy roer totdat ’n sagte deeg vorm. Knie die deeg vir sowat 6 minute. Laat die deeg vir 1 en ’n half uur rys op ’n warm plek. Sit die deeg in ’n gesmeerde gietysterpot (maak seker die deksel is ook van binne gesmeer met olie). Vul die pot tot twee-derdes vol met die deeg en bak vir sowat 1 uur tot gaar. Jy kan die deksel verwyder en vir nog 10 minute bak as die brood nie mooi bruin is nie. Dit kan ook oor ’n vuur gebak word.

  • ntavnlr

    KD2R0B btiiwkasndym, [url=http://zisvisvfgtla.com/]zisvisvfgtla[/url], [link=http://xorqvpvhexgb.com/]xorqvpvhexgb[/link], http://nwbnspjkfbyt.com/

  • Dorothey

    Ek het ook weer begin om my eie brood te bak maar sal dit waardeer as iemand vir my kan sê wat word by die meel gegooi om die brood so sag te hou. Ek gooi bietjie olie by maar dit doen nie eintlik die ding nie. Is daar iemand wat vir my raad kan gee.
    Ons het opgehou om brood by die winkels te koop omdat al die brood deesdae die Halaal teken op het.

  • Sonia

    waar is die aarbei-stapels resep??? Wanner ek daarop kliek sê dit dat daardie bladsy nie bestaan nie, nou hoekom dan dit adverteer?