Resepte

Prei-en-aartappel-pastei

(10 PASTEIE)

Warmwater-deeg

  • 500 g (890 ml) koekmeel
  • 2 ml sout
  • 2 eiers, geklits
  • 200 g (220 ml) ongesoute botter
  • 170 ml warm water

Sif meel en sout saam in ’n mengbak. Maak ’n holte in die middel van die meel en gooi die geklitste eiers daarin. Meng liggies. Smelt die botter in water en bring tot net by kookpunt. Voeg by meel en meng tot deeg. Knie deeg effens op ’n meelbestrooide oppervlak en maak toe met kleefplastiek. Laat rus vir 1 uur in yskas.

Vulsel

  • 30 ml olyfolie
  • 500 g strepiespek (streaky bacon), in blokkies gesny
  • 900 g preie
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 2 sag-gekookte aartappels, grof gebreuk met ‘n vurk
  • 250 g crème fraîche
  • 150 g gruyère-kaas, fyngerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 eier, geklits

Verhit olyfolie in pan. Braai spek tot effens bros. Sny preie in skywe en spoel deeglik af. Voeg preie en knoffel by spek en braai tot sag. Voeg aartappel by en laat afkoel, voeg crème fraîche en kaas by. Meng goed en geur met sout en peper. Verhit oond tot 200 ºC. Verdeel deeg in twee en rol dun uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Sny sirkel van sowat 12 cm uit. Voer groot gesmeerde muffinpanne (volume 250 ml) uit met deeg. Verdeel vulsel tussen pasteie. Moenie tot bo vul nie, jy moet nog van die deeg bo-op die deksel vou. Rol die ander helfte van deeg uit en druk sirkels met ’n koekie-uitdrukker uit, groot genoeg om die vulsel te bedek. Smeer die rand van die deeg met geklitste eier en vou met die onderste deeg die rand van die deksel toe. Smeer met geklitste eier en plaas in warm oond. Bak vir 50 minute. Haal versigtig uit. Plaas op bakplaat en plaas terug in oond vir sowat 30 minute tot die deeg heeltemal bros is.

  • high pr backlinks

    Hi ! I just found out your website and it looks like it’s interesting. If you worked a bit on delivering a bit more backlinks to your website you could receive more traffic to your website and more people would found out about that website. There are lot’s of different services on the internet which deliver backlinks to websites. I myself few days back ordered backlinks from this user http://fiverr.com/worldofseo/create-250-high-pr-forum-profile-backlinks-with-unlimited-urls-and-keywords and started seeing some positive improvement in terms of organic traffic. By the way, nice layout !